Finansies

Finansies

 

Moenie vir julle skatte op aarde bymekaarmaak waar mot en roes dit verniel en waar diewe inbreek en dit steel nie. Maak vir julle skatte in die hemel bymekaar waar mot en roes dit nie verniel nie en waar diewe nie inbreek en dit steel nie. Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees. ... beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee. (Matt 6:19-21, 33)/

Om goeie rentmeesters te wees, bied ons aan mekaar die volgende maniere om ons dankoffers te gee.

Maandelikse dankoffers kan op verskeie maniere gegee word:

  1. Deur ‘n aftrekorder by jou eie bank te teken met verwysing “Dankoffer”. Die bank betaal dan die bedrag in die kerk se rekening.
  2. Met ’n debietorder. Die debietorder vorm kan by die kerkkantoor verkry word, of van die webwerf afgelaai word. Die ingevulde vorm word by die kerkkantoor ingehandig en dan word die bedrag maandeliks van u rekening verhaal. Enige veranderinge word met die kerkkantoor gereël.
  3. Plaas die dankoffer in ’n koevert. In die voorportaal is dankoffer-koeverte, of jy kan ‘n gewone koevert neem en net daarop skryf “Dankoffer”.
  4. Elektroniese oorbetaling in die gemeente se bankrekening (ABSA tjekrekening;       2900 5900 51; NG Kerk Hottentots-Holland) – met “Dankoffer” as verwysing.

Gewone bank-offers word tydens die eredienste opgeneem.

Jy kan dit egter ook met snapscan oorbetaal. Die kode sal altyd op die Familienuus wees, wat elke Sondag uitgedeel word.

Volg drie eenvoudige stappe om jou bank-offer met snapscan te gee – en ervaar die gerief om nie rond hoef te skarrel vir kontant nie.

  1. Laai die “Snapscan” toepassing af op jou foon
  2. “Scan” die kode op die Familienuus of op die bord voor in die kerkgebou.
  3. Sleutel die bedrag en jou persoonlike geheime kode in.

Vanaf Oktober het jy ook die geleentheid om ’n spesiale Tiendemaand Dankoffer te gee. Daarvoor is daar spesifieke koeverte, of jy kan dit in ‘n gewone koevert plaas en net daarop skryf “Tiendemaand Dankoffer”. Óf jy kan dit elektronies oorbetaal met dieselfde verwysing daarby asseblief.

Jy het ook die geleentheid om bo en behalwe jou dankoffer ‘n geloofsgelofte-offer te gee. Hierdie is ’n geleentheid wat jy het om geld, wat jy eintlik nie het nie, en waarvoor jy die Here vertrou, te gee vir ’n spesifieke projek, waarmee die evangelie geneem word na mense buite ons gemeente. In die boekie “Lig vir die Wêreld” is meer inligting oor die spesifieke projekte waarby ons as gemeente tans betrokke is.