Eiendomme

Eiendomme

Die Diensgroep Eiendomme is saamgestel uit ‘n groep van 7 lede waarvan 6 ingenieurs is. Hierdie groep bestaan reeds vir meer as ‘n dekade uit ongeveer dieselfde individue. Hul verantwoordelikhede behels die instandhouding en ontwikkeling van die kerk se geboue en terrein.   Hulle vergader normaalweg ses keer per jaar en ook wanneer spesiaal aangevra. Ds Hennie Fouché sowel as die Koster, wat hoofsaaklik verantwoordelik is vir die uitvoering van die besluite, woon ook die vergaderings by. Die jaarlikse begroting word soos die jaar verloop fyn dopgehou en soms met goeie motivering en goedkeuring van die kerkraad uitgebrei, indien fondse dit toelaat.

‘n Tipiese agenda sluit in doeltreffendheid van klank in die kerk en beelduitsendings na Huis Vonke en Helderberg Lodge; die geboue met betrekking tot beligting, verkoeling, funksionaliteit, elektrisiteit en waterverbruik, lekkasies en verweer; die terrein,veral om geskik te wees vir gemeentefunksies; die gedenktuin wat oor tyd geleidelik ontwikkel is en voorsiening behoort te maak vir dekades in die toekoms.

‘n Item wat tot onlangs veral tyd in beslag geneem het was die veiligheid op en om die terrein. Betreding deur tuin- en stoepslapers het meegebring dat amptenare, lede van die gemeente en die omliggende bure hul onveilig gevoel het. Fondse is bewillig en geskenk sodat die terrein en amptenare se voertuie beveilig kon word. Met doeltreffende samewerking van ‘n sekuriteitsfirma is die probleem tans onder beheer gebring.

Persone om mee te skakel vir inskakeling of vrae is die volgende:

Onder-voorsitter:
Chris de Villiers : 082 733 3175

Sekretaris:
Louis van Wyk : 082 443 9219

Koster:
Lida Agenbag : 076 783 4073