Bybellees

Bybellees

Die Bybelgesprek is nie ‘n Bybelstudie nie. Dis ook nie ’n Bybelskool nie. Dis wel iets so tussen die twee.

Ons glo dat God aan die Woord kom deur die Bybel en dat Sy Woord ’n lig is op ons pad en ’n lamp voor ons voet. 

Die Bybelgesprek is ’n geleentheid waar ons met mekaar in gesprek tree oor ’n spesifieke Bybelboek, en waar ons terselfdertyd saam met mekaar in gesprek tree met die betrokke Bybelboek. Ten diepste is dit ’n geleentheid waar ons onsself beskikbaar stel vir ’n gesprek van God met óns oor die sake wat in die betrokke Bybelboek ter sprake kom.

Enigiemand is welkom by hierdie geleentheid, wat plaasvind op Woensdagoggende 08:45 – 09:45 in die familiekamer. Jy is welkom om jou vrae te kom vra en jou mening te lug, maar jy is net so welkom as jy net wil kom luister.

Belangrikste is dat jy bereid moet wees om deur die Woord(e) van die Here verander te word.

(As daar genoeg belangstelling is, wil ons graag ook ’n aand-groep begin, sodat werkende mense ook kan deel in hierdie gesprek met en oor die Bybel).

Kontak gerus die kerkkantoor (021 852 5004) of Hennie Fouché (082 859 5646)