Ons waardes

Dra die vrug van die Gees

Dra die vrug van die Gees

Leef met integriteit

Ek sal, of ek alleen of met ander is, met integriteit leef, deur altyd gehoorsaam te wees aan God se opdragte. (Rom 13:13, 14, Kol 3:5-17 & Ef 5:10).

Dien ander met jou gawes

Ek sal die gawes wat God my gegee het, ontdek, vier, ontgin en ontwikkel. Ek sal dit in nederige liefde kan gebruik om ander te diens nes Jesus gedoen het. (Joh 13:1, 12-17, 1 Petrus 4:10 & Rom 12:1-8).

Wees bly en dankbaar

Ek sal die lewe – van die kerk tot die sportveld – voluit geniet, omdat God die lewe vir my gee om te geniet! (1 Tess 5:16, 18 & Heb 3:16-18).

Getuie vir Jesus

Ek sal deur die krag en invloed van die Heilige Gees ‘n getuie vir Jesus wees met wat ek sê en doen. (Hand 1:8 en 2 Tim 1:7).

Stil te word by God

Ek sal by die drie-enige God stil word deur gebed en die lees en nadink van die Bybel sodat ek by Hom ingeplant kan bly. (Ps 1:3 en Joh 15:1-8).